"Ek moet vir Vision Learning dankie moet sê. Vandat Sussie by jou is, het sy weer nuwe liefde vir wiskunde en leer. Sy het binne 2 kwartale vanaf 62% na 82% in wiskunde verbeter, dis fantasties."
(Gr. 6 - ouer)
"Hi Carla. Ek wou net laat weet dat ons se die rapport vandag gekry het. Hy het 86% vir Wiskunde gekry. Dit is n verbetering van 50%! Ons het laas kwartaal begin met 36%. Baie, baie dankie weereens vir al jou hulp en geduld. Ons waardeer dit opreg!"
(Gr. 7 - ouer)
"Sy het wiskunde geslaag🥳 met 69%! Dit is n verbetering vanaf 17%. Baie baie dankie vir al jou hulp sal dit nooit sonder jou kon doen nie🩷."
(Gr. 7 - ouer)
"Rapporte ontvang. Ons het 98% vir die kwartaaltoers gekry en 93% vir die klastoets wat getel het. Baie trots op haar pragtige uitslae. Baie dankie vir alles."
(Gr. 8 - ouer)
"Kyk die wiskunde! Van 65% na 70%."
(Gr. 8 - ouer)
"Sussie het van 19% na 34% verbeter in haar wiskunde. Baie dankie vir jou insette en geduld, sy luister net vir jou."
(Gr. 9 - ouer)
"Ek het 2 kinders by Vision Learning, Gr 11 en 7. Vandat my kinders by Vision Learning begin het het hulle punt aansienlik verbeter. Die wiskunde word van so 'n aard aangebied dat hulle dit verstaan. Die Juffrouens wat dit aanbied ken hulle vakgebied en is baie vriendelik en behulpsaam. Rondom toetse of eksamens is hulle bereid om klasse te skuif sodat dit jou kind kan akkommodeer. Dit gee my gemoedsrus, want ek weet daar is iemand wat hulle help en bystaan en wat enige tyd bereid is om jou kind te help. Ek kan met vrymoedigheid enige ouers aanbeveel om hulle kind by Vision Learning in te skryf, julle sal nie spyt wees nie."
“Ons het Vision Learning se hulp ingeroep toe ons in die nood was, eers net ‘n paar sessies voor elke
toetsreeks en eksamen, maar ek as ouer kon die verskil sien wat dit aan my dogter se selfvertroue gedoen het, dat ons besluit het om sommer een keer per week op ‘n meer permanente basis van hul dienste gebruik te maak. Baie vriendelike en behulpsame personeel stap die pad met ons! Ons waardeer jul hulp baie!”
“Ons het Vision Learning se hulp ingeroep toe ons in die nood was, eers net ‘n paar sessies voor elke
toetsreeks en eksamen, maar ek as ouer kon die verskil sien wat dit aan my dogter se selfvertroue gedoen het, dat ons besluit het om sommer een keer per week op ‘n meer permanente basis van hul dienste gebruik te maak. Baie vriendelike en behulpsame personeel stap die pad met ons! Ons waardeer jul hulp baie!”
"Môre Lenell,
Dankie vir al jou hulp met die wiskunde. C sê jy help haar vreeslik mooi!"
. Dit help jou om baie veral as jy nie regtig verstaan wat in wiskunde aan gaan nie. Tannie Lénell help jou baie maar sy laat jou dit op jou eie ook probeer. Ek dink enige iemand wat net bietjie onseker is kan dit ook vat want dit help regtig.
. Ek het baie verbeter, ek is iemand wat regtig wiskundig gestremd was en nie gewees het wat om te doen nie en nou kan ek actually wiskunde doen.😂
Baie goeie diens Tannie Lénell is baie vriendelik en baie behulpsaam en geduldig. Sy help jou regtig baie veral voor n toets dan maak sy ekstra tyd vir jou en nog vraestelle.
"Thanks tou my dear ❤️. You've restored my baby's confidence in Maths. She was starting to lose hope."
"Ek wou net vinnig 'n boodskap stuur. Z sê ek moet vir jou laat weet dat jy die beste is. Sy het AL haar formules onthou. Sy was uit haar nate gewees nadat sy geskryf het. Dankie vir jou liefde en geduld wat jy het met die kinders."